Bladsy 1

BOERERATE

Hierdie boererate is waarskynlik saamgestel deur bydraes van verskeie persone. Van die rate weet ek dit werk, van die ander kan ek nie van getuig nie. Ek reken daar is baie mense wat by hierdie rate kan baatvind en is dit die rede waarom ek dit op hierdie blog plaas met die hoop dat hierdie eeue oue tradisies nie verlore  gaan nie.

Moet asseblief nie die rate gebruik alvorens u dit met 'n dokter of 'n apteker bespreek het nie en onthou u gebruik hierdie rate op eie risiko.

Die rate is in alfabetiesevolgorde en ingedeel in verskeie bladsye sodat elke bladsy darem nie te lank is nie. Kliek op die bladsy nommer aan die regterkant om na die volgende bladsy te gaan.
                     
                     
’N MOET VIR JOU HUIS/MEDISYNEKAS

Lennon se produkte:
• Balsem Kopiva Niere en Blaas en Rugpyne
• Balsum Sulphiris Hardlywigheid
• Balsem Vita Wit Maagpyn, Koliek, Winde
• Behoedmiddel Diarree, maagpyn, Hoes (Beste)
• Borsdruppels Hoes, Kroep, Brongitis (Beste, beste, beste!)
• Bruindulsies Nier en Blaas
• Entressdruppels Maagpyn, Koliek, Winde, senuweetoestande en slaaploosheid
• Haarlemensies Niere en Blaas
• Lewensessens Ooreet of Hardlywigheid
• Paragoriese-Elikser Diarree, Maagpyn en Hoes (Beste vir maagpyn)
• Peppermintdruppels Maagpyn, Koliek, Winde
• Rooipoeier Hardlywigheid (en Mangels – sien Raad)
• Staaldruppels Stop van bloeding op snye – bloedarmoede, duiseligheid
• Tandpyndruppels Tandpyn
• Witdulsies Lae bloeddruk, wintershande en voete, maagpyn, Koliek, Winde
• Wonderkroonessens Hardlywigheid, Winde en Slegte Spysvertering (Beste!)

Ander by apteek:
• Omega 3,6 & 9 kapsules Help met omtrent alles (die moeite werd)
• Aluin Vir Mangels (saam met Rooipoeier)
• Krokkasalf Eelte
• Oogdruppels
• Oorpyndruppels
• Pleisters
• Samboksalf Aambeie
• Mercurachrome Sere

Huishoudelike moet’s:
• Apelasyn Vir hoë bloeddruk/Puisies/sweetreuke onder arms
• Borrie Vir voorkoming van borskanker
• Cayenne peper Vir omtrent alles
• Kaneel en Heuning Vir Rumatiek en verskeie ander kwale
• Donker sjokolade Vir hoë bloeddruk
• Knoffelhuisies Algehele gesondheid
• Lemoene/Kiwi Vit C
• Suurlemoensap Verskeie
• Tamatiesous Anti-oksidant
• Vars suurlemoene - vir alles

IN YSKAS: (vir algehele gesondheid)
1 X 2 LITER WATER MET 2 EETL HEUNING EN 1 EETL KANEEL, DRINK GEREELD
1 X 2 LITER WATER MET 1 EETL BORRIE EN 1 EETL GEMMER, DRINK GEREELD

Verskeie raad word gegee. Gebruik wat vir JOU werk OP EIE RISIKO – elke persoon is anders – daarom sal sekere raad help vir een persoon maar nie vir die ander een nie.

BELANGRIK

BLOEDDRUK: 120/80
BLOEDTELLING: Tussen 150-400 wees
CHOLESTEROL: 5 mmol/L of laer
BLOEDSUIKER: 3.3 TOT 5.9 mmol/l
EKG: Moet een laat neem as jy hartprobleme het of oor 40 is
ALGEHELE GESONDHEID (As jy ’n diabeet is, kry eers mediese raad)
• Vital se Omega 3, 6 & 9 kapsules (3 vette balanseer, 6 nodige vis olies, 9 gesonde are en hartsisteem) NIE VIR JIGLYERS NIE ASB. En ’n Multivitamiene.
• Suurlemoensap in glas louwarm water op leë maag elke oggend (gooi klein bietjie Cayenne peper daarin)
• ’n heel knoffelhuisie 3 x per dag
• 1 x 2 liter water met 1 eetl borrie in, sit in yskas – drink elke dag
• 1 x 2 liter water met 2 eetl heuning en 1 eetl kaneel, sit in yskas en drink elke dag
• 1 eetl. Tamatiesous 3 x per dag of 4 blokkies donkersjokolade ‘n dag (hart)
• Swart rooibos tee of groentee of gewone tee (baie goed) en baie water
• Rooi druiwesap elke dag (Bloeddruk)

Please support our sponsors