AAMBEIE
•
Smeer Samboksalf gereeld binne en buite tot pyn verdwyn. (Werk fantasties!).
Indien hardlywig, kan
dit weer probleme gee. Kan
selfs samboksalf eet om die derm end-uit te help genees.
•
Sit 2 eetl. Engelse sout in 2liter water in yskas en vat elke oggend ’n sluk
daarvan.
AARVERKALKING/VERNOUING
(Voorkomend)
•
HOU OP ROOK
•
Drink Vital se Omega 3,6 & 9 OF net 9), groentee en elke oggend appelasyn
in louwarm water op nugter maag
•
Eet BAIE neute, drink tee, sitrusvrugte, donker groen groente (BAIE BELANGRIK)
en vermy vetterige kos
•
Neem Folic-acid tablette (help met voorkoming van verkalking van are)
•
Vernouing – eet appels, oats, bruin rys,
ABSESSE – MOND
•
1 tl sout in warm water (moenie brand nie) of verdunde suurlemoensap - spoel
mond ‘n volle minuut met ‘n slukkie uit, spoeg uit, neem weer ‘n slukkie en
spoel weer vir ‘n minuut voor uitspoeg. Herhaal tot glas leeg is.
•
Sit warmwatersak op wang
ALLERGIEë
•
Drink Vit C as antihistamien en smeer Vicks bo-op neus vir moontlike allergieë
ARTRITIS (Sien
ook gewrigspyne)
•
Omega 3, 6 & 9 0f net 3 kapsules
•
Maak 1 x 2 liter bottel water met 2 eetlepel heuning en 2 eetlepels kaneel in
en drink 3-4 maal per dag (Sit in yskas) – kan chroniese rumatiek heeltemal
genees as gereeld gebruik word. (Dit werk)
•
Maak 1 x 2 liter bottel water met 1 eetlepel borrie en 1 eetlepel gemmer aan en
drink 3-4 maal per dag (sit in yskas) (Dit werk)
•
1 x 2 liter bottel water met 6eetl Engelse sout met sap van 10 suurlemoene –
drink 3-4 per dag
•
Sluk 3-4 heel knoffelhuisies per dag (sonder ophou) – passop vir verstik (Dit
werk)
•
Smeer Horse Liniment aan – vat pyn weg vir ’n hele ruk of kry Arthrexin pille
by apteek – (goedkoop)
•
Drink ysterpille of eet vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies,
olierige vis, neute, lentils, olywe
•
Eet okkerneute, soyabone en vetterige vis
•
Eet Geel voedselssorte: Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene, Suurlemoene,
Mangos, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, rooipepers
Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers
•
Die oranje pampoen en rooipepers, lemoensap, komkommersap, wortels en
waatlemoen kan
artritis voorkom
ANTIOKSIDANTE
•
Swart rooibostee – min of geen suiker – 3x per dag
•
Drink Groentee, druiwesap,
•
Tamaties, sonneblomsade, groen blaargroentes, Heuning, knoffel en borrie
ALZHEIMER/GEHEUEVERLIES
– VOORKOMEND
•
Omega 3, 6 & 9 kapsules – help met breinfunksie
•
Eet baie appels, uie, tee, broccoli, druiwe en cocoa, selderye en eiers en
aspersies
•
Drink 1 glas rooiwyn of rooi druiwesap elke aand
•
Eet pers voedselsoorte: Braambessies, Pruime, Rooi druiwe, Rosyntjies, Beet en
Rooikool, Bloubessies en swartbessies
•
Eet rooivleis, patat, pere, neute, eiers
•
Vit B – B6 (gebakte artappels, piesangs), B12 (Vleis & skulpvis), tiamien
(spagetti & vleis), niasien (hoenderbors)
•
Neem Folic-acid tablette (help met verkalking van are) of drink Ginkgo Bilopa
elke dag – (Uitstekend) (Duurder medisyne) asook Vit B en yster (vleis, groen
blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils)
•
Gaan stap gereeld
ASMA
•
Stofsuig matte gereeld of verwyder hulle – was beddegoed, gordyne, kussingslope
ens. in baie warm water gereeld
•
Eet baie appels, uie, tea, broccoli, druiwe en cocoa
•
Drink rooiwyn (1 glas ’n aand) of rooi druiwesap
•
Moenie hoesstrope gebruik wat hoes onderdruk nie – slym moet loskom
•
Voorkom verkoues en griep en hou op rook
•
Mense wat vitamien D3 neem se asma het verbeter
BABBELAS
•
Drink original scheden bitter of Lennon se wonderkroonessens
BEDNATMAAK
(Kinders)
•
Gee kind BAIE water - hy moet dit inhou en laat gaan, inhou en laat gaan – maak
spiere sterk
•
½ suurlemoen soggens elke dag in louwarm water
•
Laat die kind verstaan dat dit nie ’n probleem is nie. Dit laat hulle gerus en
ontspanne voel en dit sal end kry. Moet nie raas en baklei nie. Probeer
versigtig uitvind wat pla hulle.
BEENDIGTHEID
•
Drink heuningbostee
BEROERTE
•
Omega 3,6 & 9 of net 9 kapsules
•
Drink 1 tl Gemmer in lou water 3 x per dag
•
Suurlemoen in louwarm water met ’n bietjie cayenne peper in 3x per dag
•
Drink baie tee – asook groentee met ’n bietjie sitrussap by (Lemoene- Vit C)
•
Eet baie piesangs,pomelos en witwortel
•
Eet 4 stukkies donker sjokolade per dag.
•
Moenie te erg kwaad raak dat dit voel asof jou kop gaan ontplof nie
•
Te veel sout verhard jou aarwande
•
Drink melk om die risiko te verlaag
BEWERIGHEID
•
Neem Magnesium in (groen blaargroentes, Avo’s, pampoen, sonneblomsade, melk,
all bran, pasta ens.)
BLAASINFEKSIE (Sien ook
Prostaatprobleme)
•
Lennon se Balsem Kopiva of Haarlemensies of Bruindulsies vir mindere nier en
blaas probleme
•
Drink 4 tot 5 glase water ’n dag
•
1 tl Heuning met 2 eetlepels kaneelpoeier in louwarm water soggens en saans –
dit vernietig kieme in die blaas.
•
Suurlemoensap in louwarm water elke oggend en aand
•
Smeer ongegeurde yogurt op branderige aangetaste deel
BLASE
•
Smeer suurlemoen op
•
Moet nie stukkend steek nie
BLOEDARMOEDE
•
Eet Rooi voedselsoorte: Rooi appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen
•
Drink Lennon se Witdulsies – dit help ook met duiseligheid of Lennon se
Staaldruppels (yster) teen bloedarmoede
•
Drink ysterpille of eet vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies,
olierige vis, neute, lentils
•
Eet baie vleis
BLOEDING
•
Sit Lennon se staaldruppels op of suiker of peper of borrie op – antisepties en
stop die bloeding
•
As dit aanhou bloei beteken dit die bloed stol nie – gaan Dr toe en kry
bloedtelling – moet 150-400 wees.
BLOEDDRUK
•
Eet rou uie om dit laer te maak
BLOEDSOMLOOP –
SWAK
•
MOENIE ROOK NIE !
•
Omega 9 kapsules
•
Skrop jou hele lyf liggies met seep en suiker of sout om goeie sirkulasie aan
te help
•
Drink Folic Acid tablette elke dag
•
½ tl rooipeper gemeng met ½ tl mostert in louwarm water 2-3 x per dag
•
Duur pille – Vascafem (werk uitstekend)
•
Drink knoffel om bloed te reinig
BLOEDKLONTE
•
Eet swartpeper en mosterdsaad, borrie, naeltjies, rooirissies en gemmer
•
HOU OP ROOK !
•
Drink 'n bietjie kaneel in louwarm water - dit verdun bloed
BLOU KOLLE
Indien
jy vinnig blou kolle kry: ’n Vit C tekort – eet meer lemoene/ Kiwi’s (1 Kiwi is
gelykstaande aan 8 lemoene)
BORSTE – HELP
TEEN KANKER
– voorkomend
•
Meer as 3 glase alkohol per dag kan
jou kanse om borskanker te kry met 30% verhoog
•
Eet BAIE tamaties of tamatiesous
•
Sit 1 eetlepel borrie in ’n 2 liter bottel water in yskas en drink elke dag
daarvan
•
Eet 4 blokkies donker sjokolade elke dag
•
Eet soya, spinasie, blaarslaai, kool, pruimedante, neute en sade en sampioene
•
Smeer Gousblom aan 3 x per dag – drink dit ook as tee
•
Vir knop in bors – smeer sweedse bitters, volle sterkte op bors en drink 3 x
per dag mondeliks
•
Ek het eers ’n warmwatersak teen die knop gehou en dan ’n yskoue kompressie
maar ek het vermoed dis net ’n verstopte limfklier en dit het gewerk – knop het
verdwyn (gebruik op eie risiko)
BOSLUISBYT
•
Moet nie aftrek nie!!!., smeer vaseline dik aan buitekant – hy versmoor en trek
self koppie uit
•
Smeer terpentyn aan tot hy self afval of steek vuurhoutjie aan, blaas dood en
druk branddeel teen boslys se lyf – hy sal kop uittrek
•
Was na die tyd met warm water en seep af
BRANDWONDE (strykyster,
stoof ens.)
•
Sit dadelik in ys-yskoue water en hou daar totdat dit nie meer so erg pyn het
nie. Hou so aan totdat pyn bedaar. Sit dan skoon doek oor en gaan dokter toe as
dit baie erg is.
•
Klein brandplek – sit tandepasta op
•
Bo-op ’n blaas – borasic poeier – dit trek die vog uit die blaas
•
Smeer die sap van aalwynblare aan, sal voorkom dat blase vorm
BUIKSWELLING
Dis
gewoonlik net ’n wind wat vassit of jy hou water terug (sien wateretensie)
•
Lennon se Peppermintdruppels, Wonderkroonessens of Jamaika Gemmer
•
Om dit te voorkom, drink ’n glas louwarm
apelasyn in water ‘n ½ uur voor ete of eet baie yogurt
•
Spinasie, blaarslaai en komkommer maar VERMY KOOL
BYSTEEK
•
Indien allergies – DADELIK dokter toe tensy jy jou medisyne by jou het
• Skraap angel uit –
MOENIE uittrek nie - Sit engelse sout-oplossing op watte op steekwond – bedek
met pleister.