Bladsy 7

SERE (Toonstamp (vel-af)
• Smeer Zincsalf aan – dit herstel wonde/sere
• Sit voet in skottel warm water met 1 koppie soutwater in – ’n half uur lank - Haal uit en sny alle velle af (die soutoplossing het toon doodgemaak so nie te veel pyn nie), laat droog word, sit mercurachrome op – MOENIE toemaak nie
• Maak mengsel van 4 teesakkies in ’n liter kookwater – sit in yskas na afkoel en smeer op sere, snye, sonbrand, aknee ens.

SINUS
• 1 x 2 liter water met 1 eetl heuning en 1 eetl kaneel, sit in yskas en drink gereeld (Genees chroniese verkoue, hoes en sinusitus)
• Maak jou lewer skoon – 1 suurlemoen met halwe glas warm water op nugter maag elke dag
• ½ tl Rooipeper in louwarm water elke oggend (sinus hoofpyn)
• Kos met preserveermiddels is jou grootste sondebok. Sny dit uit (aanmaak koeldranke)
• Sny lemoene, melk, brood, kaas en sjokolade, uit dieet uit.
• Sit warm kompressies 3-5 x per daag op gesig

SKEERSEER
• 1 Eetl brandspiritis op 3 eetl melk of Prep – smeer op

SKILDKLIER – OORAKTIEF
• Hart klop vinniger, bloeddruk styg, sweet oormatig van baie warm kry, bewerig, moeg en groot eetlus maar verloor tog gewig. Starende oë is goeie kenmerk (Moontlik jodium te kort - kontak eers dokter)

SKILDKLIER ONDERAKTIEF
• Moeg, depressie, spierpyne, hardlywigheid, gewig aansit, koud voel, erge menstruasie, droë, harde hare, dik en droë vel, geswelde ooglede, diep stem, stadige hartklop, verlies aan gehoor, dik tong, vroegtydige grys hare, min belangstelling in intimiteit (Tiroksien pille – kort jodium – kontak eers dokter)

SKILFERS
• Smeer olyfolie op kopvel

SKOK
• Drink suikerwater of ’n bietjie rooipeper in louwarm water of ‘n vars uitgedrukte suurlemoen in louwarm water

SKOUERS SEER
• Smeer Horse Liniment aan – by apteke te verkry

SLAAPLOOSHEID
• Mint in slaaie of in kookwater laat trek en drink voor slapenstyd, Lafentel op sakdoek, Drink kamilletee voor slapenstyd.
• Smeer laventel-olie onder voete
• Drink glas warm melk
• Drink kamilletee
• Eet vars mint of drink dit in koop water

SLEGTE ASEM
• Borsel en flos jou tande gereeld en borsel jou tong ook, Laat vrot tande regmaak, Gorrel met heuning gemeng met bietjie kaneel
• Eet seldery (dit raak van plaak ontslae), Sny brood uit jou dieet uit, drink suurlemoensap na etes, Tik ’n titseltjie vanilla essens op tong
• Drink Lennon se Wonderkroonessens elke oggend net om maag ook skoon en in goeie werking te hou.
• Koop “SPA tablette” by apteek

SLEGTE GEHEUE
• Omega 3,6 & 9 kapsules
• Ginkgo Bilopa (Uitstekend)
• Eet baie appels, piesangs, pere, wortels en patat

SLEGTE LIGGAAMSREUKE
• Vee witasyn, alkohol, apelasyn of koeksoda op areas wat gewoonlik sweet
• Drink Kelp pille
• Bad in water waarin ’n paar koppies tamatiesous gegooi is vir 15 min lank

SPYSVERTERING
• Yogurt - ongegeurd
• Eet spinasie, blaarslaai en komkommer, hawermoutpap, volgraan ontbyt, rosyntjies, rys, pomelos, papajas en piesangs
• ½ uur voor ete – 1 glas appelasyn in louwarm water

SLIM KINDERS
• Koop Omega 3, 6 & 9 (Smartfish ens.). Daar’s baie op die mark.

SNORK
• Laat die persoon sy gunsteling liedjies sing voor hy gaan slaap – al sing hy hoé sleg
• ’n Paar druppels olyfolie in elke neusgat

SOOIBRAND
Probeer totdat een werk
• Lê snags meer op jou linkersy – moeiliker vir maagsuur om na slukderm te gly
• Drink 2 eetl skoon suurlemoensap of versapte rou artappel
• Drink kamilletee nadat jy geëet het
• Eet kougom
• Gemmerpoeier in louwarm water
• Eet ’n piesang of ‘n appel
• ½ koppie water met sap van 1 suurlemoen en 1tl koeksoda
• ½ teelepel engelse sout
Om sooibrand in die toekoms te vermy gebruik:
• Drink elke dag Apelasyn in louwarm water ‘n ½ uur voor ete
• Drink ½ suurlemoen in glas louwarm water na etes
• Drink 1 groot glas water as jy voel dit kom
• Gaviscon (baie duur)

SONBRAND
• Komkommersap aansmeer of smeer sommer versigtig met die komkommer
• Bad in koue water (so koud moontlik) vir ’n half uur
• Smeer iets soos “Super Freeze” aan en drink yskoue drankies
• Erge sonbrand – sit tiemie, roosmaryn en sage in ’n sakkie en gooi in die bad
• Smeer Groentee aan

SPATARE
• 1 Botteltjie martell brandewyn met 4 eetl vars heuning – neem 1 eetl elke oggend en aand

SPIERPYNE/KRAMPE
• Neem Magnesium pille (groen blaargroentes, Avo’s, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta, piesangs ens.)
• As dit in die been is, vat die tone en druk dit boontoe totdat kramp verdwyn
• Eet suurlemoen met sout voor slapenstyd
• Drink minder melk
• Vat Deepheat en meng met ‘n pakkie Grand-pa poeier en vryf in op seer plek.
• Sit ’n warm of koue kompressie opsit
• Sluk elke dag 3-4 knoffelhuisies – passop vir verstik
• Drink elke dag ’n kwart tl Cayenne peper in louwarm water
• Drink sjokolade melkskommels
• Smeer met Horse Linament
• Week koolblare in warm water en sit 2x per dag op aangetaste deel
• Eet olywe – hou spiere soepel en gesond
• Vir spierspasmas in die rug en nek – eet selderye
• Staan op koue vloer
• Neem Vit C – dit help spiere herstel

SEER SPIERE
• Apelasyn in badwater
• Sit warm kompressie op en ontspan vir ‘n ruk

STRESS/SENUWEES
• Kry ’n troeteldier wat baie aandag verg of iets om jou te laat ontspan
• Skud jou hande en bene, vat diep asemhalings
• Eet pampoenpitte by die handvol en advokadopere
• Drink Herbex Nerve Tonic (Apteke) of Lennon se Entressdruppels
• Drink aldrie gelyk (Kamille-, rooibos en swart tee)
• Minder suiker, geen koffie (kaffeien) en meer oefening
• Kry 8 ure slaap inkry
• Kry massering
• Drink zink pille of (Oesters, rooivleis, hoender, pampoensade) en yster pille of (vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils, olywe)
• Masser die holte onder die bal van die voet – die maag sit daar (senuwees) – net onder die voetsole – reg in die middel – klein kolletjie
• WAT STRESS AAN JOU DOEN: sweet, verdun beenstruktuur, rugpyne, flabby waistline, omgekrapte maag, lelike hande, hoofpyn, maagswere, hartskade

STYWE NEK
• Neem Magnesium in of (groen blaargroentes, Avo’s, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta ens.)
• Smeer met Horse linament of kasterolie

STINKVOETE
• Gooi voetpoeier in binne-in die kouse en NIE in skoene nie of
• Smeer Mum room reukweerder aan voete vir ’n week lank

SWAK SPIERE (Vit B tekort)
• Eet baie vars groente en vrugte, melk en eiers, mout-ekstrak, lewer
• Vir uithouvermoë – drink bietjie bakpoeier in bietjie water
• Drink ’n koppie koffie 1 uur voordat jy gym – dit voorkom dat jy so gou moeg word

SWEET
• Drink ‘n ½ tl rooipeper in louwarm water elke oggend en aand
• Drink kelp tablette
• Halwe tl Borrie in lou water in die oggende
• Kopsweet: (Vit D tekort) – drink baie melk, kalsiumpille, 1 eiergeel per dag, lewertraan

TANDPYN
• 1TL rooipoeier op tong met vrugtesap afsluk
• Warm of koue kompressie op wang
• Naeltjie op tand
• Vryf ys agter op jou hand en op vel tussen duim en wysvinger
• Maak knoffelhuisie fyn, sit in ’n wattetjie, maak klam met warm water en sit op tand
• 1 tl kaneelpoeier met 5tl heuning – sit op tand tot pyn verdwyn
• Lennon se tandpyn-druppels – op watte/op tand
• Tandverotting – drink baie tee
• Tandekry by babas – eet licorice

TAND/TANDVLEISE/ ROOI EN BLOEI EN TANDE RAAK LOS (Vit C tekort)
• Gebruik slegs Sensodyne tandepasta (bietjie duur maar dit werk)
• Drink 1 glasie rooiwyn elke aand (net 1)
• Drink vars lemoensap, eet lemoene, pomelo’s, vars vrugte, groente en eet seldery om van plaak ontslae te raak
• Spoel jou mond ’n minuut lank met suurlemoensap uit.
• Eet 350g tamatiesap of neem 1 eetl tamatiesous – meng met water en drink
• Borsel tande en vlos gereeld
• Masseer tandvleise met jou vinger 2 x per dag
• Om water na etes te drink veminder die suur in jou mond met 61%